nav

Van Duyn & Janita Doyer
Tel: 073 160 9748
Email: arkab@lantic.net

Eerstelingsfontein, Belfast
Mpumalanga, South Africa

ARKAB KOLSKOOT 2003
Nazil Dakhal x Arkab Ritla
SCID skoon


Nazil Dakhal, uit Vlinkfontein Rakale, is ‘n halfbroer van die legende Arkab Mirarti      ( 8000km voltooi 17 160km’s 13 gewen) .   Sy vullens by ons wys reeds hul besonderse vermoeëns.  

Arkab Ritla is die ma van Arkab Raffa wat bekend is vir die swaar gewig perd wat Fauresmith reeds 5 keer voltooi het, 4 x top 10, 2 x bes voorbereide perd en 2 x die swaarste gewig gedra!   Sy het ook vir Arkab Silverit geproduseer wie almal verstom het met haar spoed by die Mpumalanga Summershow se 1600m resies.

Beide Kolskoot en Silverit was top van hul groep in ons hartklop herstel toetse.

Wenners uit die selfde moederlyn as Ritla sluit in perde soos Arkab Sabik, Kaisi, Gadwan, Zikr, ‘n besonderse goeie lyn.

Kolskoot ry besonders lekker, met sy natuurlike balans ry hy met sy agterkwart onder hom in en daarom is hy lig onder saal.  Hy het reeds sy beginners fase en CEI* ritte voltooi, met gemak en goeie hartkloppe. 

Hy het ook daardie ideale geaardheid van haastig onder saal maar baie rustig aan die hand.

www.arkab.co.za | contact